Namibiese netbalspan loop halftyd voor teen Tanzanië

Netbal: Die Debmarine Desert Jewels speel tans ‘n wedstryd teen Tanzanië in Suid-Afrika vir hul Afrika-netbalwêreldbeker-uitdunne wat tot 27 Augustus sal plaasvind. Die Afrika-netbalwêreldbeker-uitdunne vir die Kaapstad 2023-netbalwêreldbekertoernooi word by die Universiteit van Pretoria gehou, waar nege spanne sal meeding. Namibië is in poel A, saam met gasheerland Suid-Afrika, Botswana, Tanzanië en Zimbabwe. Suid-Afrika en Uganda het reeds vir die 2023-toernooi gekwalifiseer waar altesaam 16 spanne in Kaapstad sal meeding om die gesogte trofee. Die halftyd-telling in wedstryd tussen Namibië en Tanzanië is 30-21 in Namibië se guns.