Vliegtuig maak noodlanding noord van Katutura

‘n Opleidingsvliegtuig het vanmiddag omstreeks halfdrie ‘n noodlanding noord van Katutura gemaak nadat die vliegtuig se enjin glo geweier het. Kaptein Oskar Plichta van die vliegtuigongeluk-ondersoekdirektoraat in die ministerie van werke en vervoer het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die instrukteur en leerlinginstrukteur is lig beseer en per ambulans vir waarneming na ‘n hospitaal geneem. Die wrak van die Sling4-vliegtuig met registrasiemerk V5 USC, sal deur Plichta ondersoek word.