Nam kort US$5,3 miljard vir klimaatteikens

Namibië benodig befondsing van 5,3 miljard Amerikaanse dollar om sy klimaatverantwoordelikhede oor die volgende vyf jaar na te kom. Volgens Simonis Storm in Windhoek gaan openbare befondsing van ontwikkelde lande ‘n groot rol speel om aanpassingsbeleggings te ondersteun waar hierdie befondsing gewoonlik in die vorm van lenings en toelae met lae rentekoerse is. As ‘n land wat weerloos teen klimaatsverandering is, gaan Namibië finansiering benodig.