Vlieënier en vier toeriste sterf in Impalila-vliegongeluk

Die direkteur in die direktoraat van vliegtuigongeluk-ondersoeke in die Namibiese vervoerministerie, kaptein Magnus Abraham, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig ‘n Cessna-vliegtuig van ‘n Namibiese eienaar het vanmiddag voor een-uur by Impalila-eiland in die Zambezi-streek neergestort. Die vroulike vlieënier en vier toeriste wat aan boord was, is in die ongeluk dood. Abraham sê die ondersoek is nog in ‘n uiters vroeë stadium en hy sal later meer inligting verskaf. Hyhet bevestig die Namibiese polisie is op die ongelukstoneel.