DA bekommerd oor 281 staatsamptenare se dubbele rol

Die DA het sy kommer uitgespreek oor 281 staatsamptenare wat in verskeie munisipale rade as proporsionele verteenwoordigers of wyksraadslede dien. Die inligting is vervat in ‘n skriftelike antwoord op ‘n parlementêre vraag van die party. Die DA-lid, Mimmy Gondwe, sê die meeste staatsamptenare wat as raadslede dien is in Kwa-Zulu Natal. Gondwe voeg by die Wet op die Staatsdiens bied wel ruimte aan staatsamptenare om as raadslede te dien, maar slegs op ‘n deeltydse basis.