Vlieënier, 8 valskermspringers sterf in Swede

Agt valskermspringers en die vlieënier van ‘n klein skroef-aangedrewe vliegtuig is dood toe dit kort na opstyging vanaf die Orebro-lughawe sowat 160 kilometer wes van Stockholm in Swede neergestort het. ‘n Plaaslike valskermklub het die DHC-2 Beaver volgens berigte vir ‘n somerbyeenkoms gehuur. Premier Stefan Lofven het sy hartseer en meegevoel uitgespreek. Nege mense is in 2019 in ‘n soortgelyke ongeluk in die noorde van die land dood. Daar is later bevind die vliegtuig is nie reg gelaai nie.