Covid-19: 71 sterftes in 9 distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het 71 sterfgevalle in 9 distrikte aangekondig, asook 1 372 nuwe Covid-gevalle uit 3 347 uitslae. In die groep is 186 leerders, 36 gesondheidswerkers, 25 onderwysers en 15 studente. Daar is nou 24 377 aktiewe gevalle, waarvan 582 in hospitale en 113 in intensiewesorgeenhede is.