Hoër brandstofpryse slaan landbousektor

‘n Styging in brandstofpryse verhoog die landingsprys van ingevoerde items en die koste van binnelandse landbouwaardekettings, volgens die Namibiese Landbou-unie. Daarom word verwag dat landbouprodusente en ander waardekettingspelers, asook verbruikers, meer sal betaal vir items soos veevoer, toerusting en onderdele, voedsel- en vervoerdienste. Vir produsente beteken ‘n styging in insetpryse verhoogde uitgawes op die plaas, wat winsmarges negatief beïnvloed. Logistieke maatskappye en ander in die landbouwaardeketting kan bykomende verspreidings- en vervoerkoste in die gesig staar wat na verbruikers deurgegee sal word. Bekende landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.