Vleisraad werk saam met veeartseny oor SA se bek-en-klouseer

Die Namibiese Vleisraad sê hy het reeds vergader met die Veeartsenydirektoraat in verband met die uitbreking van bek-en-klouseer in die buurland. Alle vervoer van bees, behalwe na ‘n geregistreerde abattoir, is in Suid-Afrika steeds opgeskort en gevalle van die siekte is reeds amper regoor die land bevestig. Volgens die Vleisraad is beamptes van veeartsenydienste reeds op die land se grense ontplooi om ontsmetting van voertuie te verseker en ook om enige invoere van vleis te verhoed. ‘n Uitbreking van bek-en-klouseer in Namibië se kommersiële gebied sal volgens die raad katastrofies wees, nie net vir produsente nie, maar ook die ekonomie. Paul Strydom, die Vleisraad se algemene bestuurder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.