Shiimi soek wetgewing wat tjeks plaaslik afskaf

Die Namibiese finansminister Ipumbu Shiimi het vandag in die Nasionale Vergadering kennis gegee dat hy op 15 September ‘n mosie ter tafel sal lê dat verlof gegun word om ‘n wetsontwerp daar te stel om voorsiening te maak vir die totale afskaffing van die gebruik van tjeks in die land. Die limiet op tjeks in Namibië is reeds deur die land se Betalingsvereniging op 1 Februarie 2016 tot 100 000 dollar verminder met die doel om tjeks in Namibië uiteindelik heeltemal uit te faseer, wat Shiimi nou wil bewerkstellig.