Politburo-nominasies: Swapo het dalk plan in die Suide

Politieke ontleders meen dat die nominasie van twee van die kandidate wat by die afgelope vergadering van Swapo se politburo vir die adjunk-sekretaris-generaal van die party benoem is, kan moontlik op iets groter dui. Vir dié posisie, is die twee party LP’s Lucia Witbooi en Evelyn Nawases-Tayele genomineer, saam met die party se koördineerder vir Kavango Wes, David Hamutenya. Beide Witbooi en Nawases-Tayele is afkomstig van die Suide, waar Swapo redelik ondersteuning verloor het. Die stap om die twee vroue te nomineer kan moontlik daarop dui dat die party hom weer in die Suide van die land, waar die Landless People’s Movement op die oomblik oorheers, wil vestig. Die nominasies is nog nie gefinaliseer nie. Die sentrale komitee van die party sal die naweek sy eie nominasies doen. Die finale verkiesing vind tussen 24 en 28 November plaas wanneer die party se kongres gehou word.