Vleisraad het nie voorraad van boomdoder nie, ondersoek opsies

Die Vleisraad van Namibië lig alle produsente in dat daar geen boomdoder vir bosbeheer in voorraad in die land is nie. Onderhandelinge is steeds aan die gang met verskaffers om die beste moontlike prys vir die produsent te beding. Sodra die proses voltooi is, sal die nodige kennisgewings met die bedryf gedeel word. Die verkryging van boomdoder berus by die Vleisraad as gevolg van streng EU-regulasies. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete, hoof van bemarking by die Vleisraad van Namibië, gepraat…