Swartbeer blyk om 400 selfies op veldkamera te ‘neem’

Foto’s van ’n nuuskierige swartbeer van Boulder, Colorado, is wyd versprei op sosiale media nadat sy “selfies” aanlyn gedeel is. Die beer, wat deur ‘n spesiale wildmoniteringskamera afgeneem is, het herhaaldelik beweeg en is elke keer gefotografeer, soveel so dat van die 580 foto’s, is 400 net van hom, in verskillende posisies. Dit kom kompleet voor asof hy homself bewonder. Owerhede sê die kameras help om te bepaal watter diere in die 46 000-hektaar gebied beweeg maar, soms, is dit ‘n klomp selfies van net een dier, nes mense maak.