Vlak drie deur drankhandelaars verwelkom in SA

Die nasionale raad vir drankhandelaars in Suid-Afrika het die ANC-regering se besluit verwelkom om op vlak drie-inperking nie die gebruik van alkohol op persele te verbied nie. Taverne-eienaars het hard gewerk om besoekers te oorreed om Covid-19-protokolle toe te pas en sal voortgaan om dit te doen. Die nasionale raad se sameroeper, Lucky Ntimane, sê dit is baie meer doeltreffend om die pandemie deur die gemeenskap se breë samewerking en nakoming van veiligheidsprotokolle te bestuur as om beperkings van bo-af af te dwing. Hy sê drankhandelaars is bly die regering besef dit nou: