DA sê inperkings is net nodig omdat inentingsveldtog gefaal het

Die DA-leier John Steenhuisen sê die beperkings wat President Cyril Ramaphosa aangekondig het, is slegs nodig weens sy administrasie se onvermoë om voldoende entstof-voorraad te bekom; om die inentingsveldtog suksesvol te beplan en uit te voer; en die kapasiteit vir gesondheidsorg te vestig. Die DA vra dat ‘n omvattende parlementêre ondersoek gedoen word na die regering se hantering van die inentingsprogram. Steenhuisen sê daar moet aanspreeklikheid wees vir hierdie mislukking. Hy sê die Wes-Kaap daarenteen het voldoende plek in hospitale om seker te maak niemand word lewensnoodsaaklike behandeling geweier nie: