Marcell sê sy droom word waar

Die kaptein van die Bulls, Marcell Coetzee, sê hy koester die geleentheid om die span Saterdag op die veld te lei in die Reënboogbeker-eindstryd teen Benetton in Italië. Hy is as kaptein aangewys in die plek van sy beseerde Springbok-spanmaat Duane Vermeulen. Coetzee sê dis die verwesenliking van ‘n droom om in die eindstryd te wees: