VK vier 70 jaar op die troon vir koningin Elizabeth

Buckingham Paleis het ‘n reeks geleenthede vir volgende jaar aangekondig, om koningin Elizabeth se 70 jaar op die Britse troon te vier. Die platinum-jubileum sluit in ‘n regstreekse konsert met van die wêreld se grootste sterre. Die koningin se sewe dekades as monarg sal gevier word tydens ‘n vierdag-lange spesiale openbare vakansie van die tweede tot die vyfde Junie. Meer as 1 400 soldate, 200 perde en 400 musikante sal aan die vaandelparade deelneem, met ‘n tradisionele verbyvlug deur die Koninklike Lugmag.