Studentefonds help steeds ondanks kursusverandering

Die Suid-Afrikaanse departement van hoër onderwys, wetenskap en innovasie het bevestig dat befondsing van die Nasionale Studente Finansieringshulpskema nie geraak word as daar van kursus of instelling verander word nie. Volgens die kriteria is voortgesette befondsing afhanklik van akademiese geskiktsheidstoetsing. ‘n Woordvoerder, Ishmael Mnisi, sê befondsing word slegs onttrek as ‘n student die fonds nie in kennis stel dat hy of sy van instelling verander het nie.