Covid vat vas in Staatshuis

Plaaslike media berig dat Staatshuis groot uitdagings met Covid het. Drie van die meer as 300 werknemers is in die afgelope maand oorlede as gevolg van Covid en agt nuwe gevalle is bevestig, waaronder President Hage Geingob en sy vrou Monica. Die Presidensie se woordvoerder Alfredo Hengari het aan plaaslike media bevestig dat personeel op die oomblik op ‘n roterende basis hulle pligte verrig. Hy het bygevoeg dat die Geingob-egpaar herstel het van Covid maar is steeds, volgens protokol, in isolasie.