Visum-oorenkoms tussen EU, Rusland opgeskort

Die Europese Unie se 27 ministers van Buitelandse Sake het ooreengekom om die visum-fasiliteringsooreenkoms met Moskou volledig op te skort. Byna ‘n miljoen Russe het die Europese Unie binnegekom sedert Rusland die Oekraïne binnegeval het. Volgens berigte sal hierdie maatreël dit vir Russe ‘n langer en duurder proses maak om ‘n visum te kry. Dit word beskou as ‘n skikking omdat lidlande nie saamstem dat Russe heeltemal verbied word nie. ‘n EU-woordvoerder, Josep Borrell, sê die ooreenkoms word opgeskort as gevolg van die aansienlike toename in Russe wat die grens oorsteek: