Google Play verwyder Trump se Truth Social

Donald Trump se Truth Social-platform is nie meer beskikbaar op Google Play nie. Volgens Google bevat die netwerk dreigemente en geweld wat teen Google se standaarde strook. Google sê hy het reeds Truth Social in kennis gestel en sê die platform sal sy inhoud beter moet modereer as hy beskikbaar op Google Play wil wees. Trump Media and Technology Group sê Truth Social is ‘n gesinsvriendelike  gemeenskap wat poog om aan Google Play se standaarde te voldoen en dat hy deurlopend met die maatskappy saamwerk in die verband. Trump het die platform geskep nadat hy op tradisionele sosiale media platforms verban is na die gebeure van 6 Januarie 2021. Digital World Acquisition Corporation, wat die Trump Media and Technology Group besit, se aandele het sedert Janauarie met 51 persent gedaal.