Vissermanne by ses maatskappye op Walvisbaai heraangestel

Altesaam 1 577 vissermanne is heraangestel wat deel was van ‘n onwettige staking in 2014, en diegene wat in 2017 afgelê is. Volgens die goewerneur van die Erongo-streek, Neville Andre, is hulle by ses vissery-maatskappye van Walvisbaai aangestel. Die leier van die opposisieparty PDM, McHenry Venaani, was een van die wat die vissermanne tydens hierdie moeilike tye besoek het. Hy het sy opwinding met Kosmos 94.1 Nuus gedeel en ook ‘n beroep die regering gedoen om van die Yslandse maatskappy vir finansiële verliese te eis.