Buitelanders ook in Namibië ingeënt

In die stryd om beheer oor die Covid-pandemie te kry, moet Namibiërs ingeënt word, sê die Namibiese gesondheidsministerie. Kosmos 94.1 Nuus het aan die uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, gevra of die regering ook buitelanders in Namibië sal inent. Daar word spesifiek na die Angolese burgers verwys wat tans in die Omusati-streek kamp. Nangombe het só geantwoord.