Visse vort ná reuse-akwarium bars in Berlyn

’n Reuse-akwarium het in Berlyn gebars en een miljoen liter water met sowat 1 500 eksotiese visse en op ’n groot pad in die besige Mitte-distrik gestort, het nooddienste gesê. Ongeveer 100 noodpersoneel het na die terrein gehaas. Die ontspannings-oord huisves ‘n hotel en ‘n museum, sowel as AquaDom, die wêreld se grootste vrystaande silindriese akwarium van 14 meter hoog. Volgens ’n woordvoerder van die brandweer is dit nog onduidelik wat die AquaDom-akwarium laat bars het.