Zimbabwiese onderwysers soek groener weivelde

Die jaar 2022 was die jaar van Zimbabwiese verpleegpersoneel. Almal en enigiemand wat kon, het ‘n verpleegster of verpleër geword, aangesien mense desperaat probeer om die land te verlaat vir groener weivelde. Nou is dit die tyd vir Zimbabwiese onderwysers. Die Verenigde Koninkryk is op soek na onderwysers om vakatures te vul wat geskep is deur Brexit en ‘n verouderende bevolkingstruktuur. Om hulle te help om Zimbabwiese onderwysers in die hande te kry, sal Brittanje vanaf 1 Februarie 2023 makliker visums toeken aan gekwalifiseerde onderwysers van sekere lande. Setfree Mafukidze van die Health Factor in Zimbabwe het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

https://iframe.iono.fm/e/1264053