DBV Windhoek is vol

Die DBV in Windhoek is tydens die feesseisoen oorweldig met al die diere wat in hul sorg gelaat is. Hulle doen dus ‘n beroep op troeteldier-eienaars om hul diere goed te versorg, sodat hulle nie die diere hoef in te neem nie. Sylvia Breitenstein, die DBV se bedryfsbestuurder het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Sy sê diegene wat verlore troeteldiere by die DBV opeis, moet ‘n bewys van eienaarskap toon.