Viskartelle in Namibiese waters? 

Die Namibiese Mededingingskommissie het aangekondig hy gaan beweerde kartelgedrag onder verskeie eienaars en operateurs van vissersbote ondersoek. Omdat die houers van visvangregte nie hul eie bote het nie, is hulle afhanklik van boot-eienaars om hul kwota vis te vang, teen ‘n fooi. Daar word beweer dat van die operateurs saamsweer om die visregtehouers dieselfde prys aan te bied en hulle weier om oor die fooie te onderhandel. Die kommissie sê hierdie boot eienaars en operateurs kan hulself aan hom rapporteer en bewyse oor die beweerde kartelgedrag oorhandig, in ruil vir toegeeflike behandeling.