Virgin Atlantic begin weer volgende maand met vlugte na Kaapstad

Virgin Atlantic sal middel November terugkeer na sy Kaapstad-roete. Die lugdiens het beplan om die direkte diens in Januarie te hervat, maar ‘n toename in vraag nadat Suid-Afrika van die rooi lys van die Verenigde Koninkryk verwyder is, het daartoe gelei dat dit vroeër teruggekeer het. Business Insider berig kort nadat Suid-Afrika van die rooi lys gehaal is, het mense in Brittanje gehaas om vlugte te bespreek.