Rugby afrigtingsprogram op die Vodacom-Bulls-app

Die Vodacom Bulls het ‘n groot digitale poging aangepak om sowel rugbyafrigters as jong spelers te bemagtig deur die reeds suksesvolle afrigtingsprogram vir Bulletjie Rugby te ontwikkel in ‘n gratis aanlynreeks met Vodacom Bulls, direkteur van Rugby Jake White, en sy afrigtingspan. Die Jake White Kickstart-reeks, genaamd ‘Jake’s Kickstart’, is ‘n prettige inleiding tot die spel van rugby vir spelers tussen die ouderdomme van 5-9 jaar – beide seuns en dogters – en is op Vodacom-Bulls-app beskikbaar. Volgens die president van die Blou Bulle Rugbyunie, Willem Strauss is dit vir hulle net so belangrik dat rugby op junior vlak groei en uitblink as op die vlak waar die Bulle trofeë wen.