Daar is nie ‘n tekort aan huurvoertuie in Suid-Afrika nie

Die Nasionale Vereniging vir Motorvervaardigers van Suid-Afrika het bewerings ontken dat daar ‘n tekort aan huurvoertuie in die land is. Dit volg na berigte dat dit ‘n uitdaging gaan wees om tydens die Desember-vakansie motors te huur, as gevolg van voorsieningsprobleme. Naamsa sê daar is voldoende voorraad om aan die vraag deur individue, staatsdepartemente en motorverhurings-maatskappye te voldoen. Volgens die bestuurshoof Mikel Mabasa het die uitdagings by motorverhuringsmaatskappye, niks met voorraadtekorte deur vervaardigers te doen nie.