Vioolsdrift-grenspos maak vanaand vir vragmotors oop

Die Vioolsdrift-grenspos, die suidelike grenspos met Suid-Afrika, was gesluit ná ‘n Covid-geval, maar sal vanaand om half-elf slegs vir vragmotors oopmaak. Gewone voertuie sal môreoggend om vier-uur volgens die aandklokreël oopmaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Stefan Terblanche, uitvoerende hoof van FP du Toit Transport gesels. Hy sê die onrus in Suid-Afrika is ook ‘n groot uitdaging vir logistieke maatskappye.