Angolese immigrante nou in een kamp

Die situasie met die Angolese immigrante wat vanaf Angola weens hul droogte na die Omusati-streek getrek het, het nie veel verander nie. Die goewerneur van die streek, Erginus Endjala, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die enigste verandering is dat die Angolese immigrante nou in een kamp, in plaas van twee kampe geplaas is. Dit is weens veiligheidsredes gedoen, omdat hulle nie wil hê die Angolese moet weens die Covid-pandemie met plaaslike mense in aanranking moet kom nie.

Die goewerneur het ook die situasie van bek-en-klouseer in die Noorde bespreek en gesê op die oomblik is daar nie gevalle aangemeld nie.