SA Nasionale Weermag beplan ontplooiing in Gauteng, KwaZulu-Natal

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het bekend gemaak hy beraam planne om soldate na Gauteng en KwaZulu-Natal te ontplooi, nadat die polisie om hulp gevra het met die hantering van onrus in beide provinsies. Geboue is aan die brand gesteek en eiendomme geplunder nadat oudpresident Jacob Zuma tronk toe gestuur is. ‘n Woordvoerder van die weermag, Mafi Mgobozi, sê die ontplooiing sal begin sodra alles gereed is.