Vinnige optrede lei tot arrestasie van 5 in plaasaanval

Vyf verdagtes is in Harrismith in die Vrystaat in hegtenis geneem na ‘n plaasaanval. Hulle het na bewering aan ‘n boer gesê hulle wil beeste koop. Die 54-jarige boer sê hy het in die pakkamer gewerk toe drie onbekende mans daar opdaag. ‘n Polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê een van hulle het na bewering ‘n vuurwapen op die boer gerig en geld geëis, waarna hulle hom in die huis gedwing en beveel het om die kluis oop te sluit: