SA hoë kommissariaat in Pakistan in verbinding met Suid-Afrikaners in Afghanistan

Die Suid-Afrikaanse hoë kommissariaat in Islamabad, Pakistan, is in verbinding met ‘n aantal Suid-Afrikaners in Afghanistan om hulle veiligheid te verseker. Dit volg nadat die Taliban die hoofstad Kaboel en beheer oor die regering oorgeneem en ‘n Amerikaans-geleide koalisie van byna 20 jaar beëindig het. Die departement van internasionale betrekkinge sê die kommissariaat verskaf die nodige konsulêre bystand.