SABA-kanaal binnekort op die kassie

Die Suider-Afrikaanse Uitsaai-vereniging, SABA, se president en direkteur-generaal van die Namibiese Uitsaaikorporasie, Stanley Similo, het gesê die SABA TV-kanaal is gereed om binne die volgende drie maande bekend gestel te word. Volgens Similo is die idee van SABA TV om ‘n kanaal te hê wat alle soorte plaaslike inhoud van al die nasionale uitsaaiers binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap sal uitsaai om die Afrika-storie deur Afrikane te vertel. Die kanaal sal nege ure daagliks uitsaai met meer as 1 500 uur se inhoud wat na bewering reeds beskikbaar is.