Vind uit hoe kry kapers polisie-toerusting sê DA

Die Demokratiese Alliansie in Mpumalanga doen ‘n beroep op die provinsiale polisiekommissaris, Mondli Zuma, om ‘n volledige ondersoek te gelas na kapers by Delmas se gebruik van onwettige polisie-toerusting wat vuurwapens, polisie-blouligte en weerkaatsbaadjies insluit. Die party sê die minister, Bheki Cele, wil Suid-Afrikaners deur die Vuurwapen-wysigingswetsontwerp ten alle koste ontwapen, maar intussen word hulle daagliks omring deur gewapende kapers. Die DA-woordvoerder Diane Bath het hulle medelye betoon.