Jongste oor saambou-program

Die Namibiese minister van landelike en stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het gesê daar word aan ‘n saambou-program met plaaslike owerhede rakende die diens en lewering van grond, gewerk. Talle Namibiërs is vir jare al sonder grond en wag nog steeds op die regering om ‘n stukkie grond te kry waar hulle ‘n huis van hul eie kan bou. Uutoni het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.