Vind Namibië baat vind by President se oorsese reise?

President Hage Geingob reis gereeld om staatshoofde te besoek en internasionale konferensies by te woon. Hy is tans op uitnodiging van die Amerikaanse President Joe Biden, waar hy in Washington DC die VSA-Afrika-leierskapsberaad bywoon wat vandag tot ‘n einde kom. Geingob lei ‘n groot afvaardiging wat bestaan uit senior regeringsleiers en verteenwoordigers van die privaatsektor en die sakegemeenskap. Kosmos 94.1 Nuus het aan Arney Tjaronda, aandele-ontleder van High Economic Intelligence, gevra of Namibiërs voordeel trek uit al die oorsese reise van die President. Hy het sy antwoord só verwoord.