Namibiese sterrekundiges ontvang toelae vir radioteleskoop by Gamsberg

Die Europese Navorsingsraad het ‘n Synergy-toelae, genaamd “BlackHolistic”, van 14 miljoen euro toegeken aan ‘n span Namibiese, Nederlandse, Britse en Finse sterrekundiges om kleurfilms van swart gate ofte wel gravitasiekolke, in die heelal te maak. Hulle sal die eerste Afrika Millimetergolf-radioteleskoop ooit in Namibië by Gamsberg bou om hul doel te bereik. Die teleskoop sal deelneem aan die wêreldwye Event Horizon Telescope-netwerk wat bekend geword het vir die eerste beelde van ‘n swart gate in die heelal. Die toelae sal help om hierdie netwerk te transformeer van stilbeelde na kleurfilms om swart gate in die heelal te verstaan. Dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisika-departement van Unam, deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.