EFF beskryf regterpresident John Hlope se skorsing as hardvogtig

Die EFF beskryf President Cyril Ramaphosa se besluit om die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, te skors as hardvogtig en polities-gedrewe. Hy is geskors terwyl die Nasionale Vergadering besluit of hy in ‘n staat van beskuldiging geplaas moet word. Die Regterlike Dienskommissie het vroeër vanjaar bevind Hlophe is skuldig aan growwe wangedrag en aanbeveel dat hy ingevolge die Grondwet geskors word. Die EFF sê Ramaphosa het geen morele gesag om te bepaal wie se wangedrag tot skorsing of verwydering moet lei nie.