‘Vigilante’ geregtigheid nie welkom in Namibië nie

Lede van die publiek, wat moontlik die slagoffers was van ‘n huisbraak, het Donderdagaand, gewapen, die strate van Otjomuise ingevaar om ‘n verdagte in ‘n wit t-hemp te soek. Hulle het ‘n onskuldige voetganger, wat ‘n wit t-hemp aangehad het, voorgekeer en toe die man hardloop, lukraak op hom geskiet. Terwyl hulle misgeskiet het, is die man ernstig beseer toe hy oor ‘n draad gespring het om te vlug. Adjudant-offisier Silas Shipandeni sê terwyl hy die publiek se frustrasie met misdaad kan verstaan, moet die gebruik van wapens beter beheer word en owerhede moet ingeroep word om met misdadigers af te reken.