John Cena stel wêreldrekord op met Make-a-Wish

Die wêreldbekende stoeier en akteur, John Cena, het 650 wense deur die Make-a-Wish-stigting bewaarheid en terselfdertyd ‘n nuwe wêreldrekord opgestel. Die organisasie se doelwit is om die wense van ernstige siek kinders te vervul. Niemand kon nog meer as 200 wense vervul sedert die organisasie meer as 40-jaar gelede gestig is nie. Die gewilde Amerikaner is ‘n 16-malige World Wrestling Entertainment-kampioen en verteenwoordig ook dié liggaam se teen-afknou-veldtog, wat bekend staan as Be a Star. Hy sê hy is altyd beskikbaar om aan ‘n siek kind ‘n fantastiese ervaring te bied.