Brandstofprys: Verwagting vir ‘n geringe daling in Oktober

Namibiese verbruikers bly onder druk met toenemende rentekoerse en stygende voedselpryse, sowel as ‘n hoë brandstofprys. Die ministerie van myne en energie sal na verwagting vroeg volgende week die brandstofprys vir Oktober bekend maak. Die olieprys is af maar, die Amerikaanse dollar is op die oomblik uiters sterk so dit is onduidelik wat sal gebeur. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by Robert McGregor van Cirrus in die hoofstad om sy mening te hoor.