Vier vas by Spele vir dwelms

Vier kontrakteurs is in Tokio vir beweerde dwelmgebruik in hegtenis geneem met die Japanse hoofstad wat besig is om gereed te maak vir die openingseremonie van die Olimpiese Spele op 23 Julie. Die organiseerders van die Tokio Spele sê die Amerikaanse en Britse verdagtes is werknemers van ‘n maatskappy wat gekontrakteer is om tydelike elektrisiteitstoevoer vir die Spele te verskaf. Met net nege dae oor voor die Spele begin, geld daar ‘n Covid-19-noodtoestand in Tokio met kroeë en restaurante wat nie alkohol mag verkoop nie en teen agtuur saans moet sluit.