Whk-krematorium onder druk

Stad Windhoek se krematorium is onder druk weens die talle Covid-sterfgevalle en liggame wat veras moet word. Stad Windhoek se hoofskakelbeampte, Harold Akwenye, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê alhoewel die krematorium tans ‘n roetine-onderhoud ondergaan, is dit onder druk, want hulle help die gesondheidsministerie met die verassing van onopgeisde liggame. Stad Windhoek het ook nou ‘n versoek ontvang van die veiligheidsministerie met hul onopgeisde liggaame gekry.