Noa, Van der Merwe bly eers aan

Die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie Paulus Noa se kontrak is met ‘n maand verleng. Sy adjunk Erna van der Merwe sal ook aanbly. Luidens berigte het altwee se kontrakte einde verlede jaar ten einde geloop maar, geen plaasvervanger is tot dusver gevind nie. Die sluiting van die Nasionale Vergadering het ook die proses vertraag en dit is nie duidelik of daar beslis sal word dat Noa en Van der Merwe weer aangestel word nie. Die kantoor van die eerste minister wou nie kommentaar lewer nie.