Vier van Proud Boys skuldig bevind aan opruiende sameswering
‘n Jurie in Washington het vier lede van die verregse groep Proud Boys skuldig bevind aan opruiende sameswering ná die 6 Januarie-aanval op die Amerikaanse Kongresgebou. Die gewese Proud Boys-leier, Enrique Tarrio, en drie ander is skuldig bevind weens hulle rol om die vreedsame oordrag van mag van die destydse president Donald Trump na Joe Biden ná die 2020-verkiesing te verhoed. Die oortreding kan lei tot tronkstraf van tot 20 jaar. Aanklaers sê lede van die groep het Biden en ander linkses as ‘n bedreiging vir die land gesien.