Vier van NV verskyn in Windhoek-landdroshof

Die vier verdagtes wat Donderdag deur die Teen-Korrupsie Kommissie van Namibië in hegtenis geneem is vir die beweerde wanbesteding van 1,2 miljoen Namibiese dollar van die Nasionale Vergadering, het vandag hul eerste verskyning in die Windhoekse landdroshof gemaak. Die beskuldigdes, almal voormalige werknemers van die Nasionale Vergadering, is die prominente bokser en oud-rekenmeester Jason Naule, die voormalige direkteur van regsdienste, Petrus Husselman, oud-rekenmeester Paulus Nathinge, en James Ukarerani.