DA: 70 000 hektaar verwoes in brande in Noordwes 

Die DA in Noordwes doen ‘n beroep op die provinsiale departement van samewerkende regering en tradisionele sake om dringend hulp te verskaf aan boere en landelike gemeenskappe in die Kagisano Molopo-munisipale gebied. Die omgewing word geraak deur sowat 15 verwoestende weghol-veldbrande wat buite beheer bly. Die DA-lid, Gavin Edwards, sê meer as 70 000 hektaar se weiding is reeds vernietig.